INLEIDING EN DOEL VAN DIE E-POS.
Sedert ek van die evolusie-teorie bewus geword het, het die kontras tussen my Bybelse opvoeding en die “wetenskap” my gepla. Aanvanklik kon ek bittermin leesstof bekom wat die evolusie-teorie ontleed en met die Bybelse skeppings-weergawe vergelyk. Sowat 25 jaar gelede het `n berig in `n lugredery se tydskrif my oog gevang. Die berig was oor skelette van uiters groot mense. Ek het begin soek na nog sulke inligting en met die koms van die internet het ek by Creation Ministries International se web-blad uitgekom (creation.com). Groot was my verbasing en met vreugde het ek die enorme klomp inligting oor die Skepping begin lees. Sekere artikels in Creation Journal was bo my vuurmaakplek, maar die in Creation Magazine en talle ander publikasies het die onderwerp van Skepping versus Evolusie op `n verstaanbare manier aangebied.
Die doel van die skrywe is om die aandag te vestig op die wankelrige fondament van die Evolusie-teorie teenoor die betroubaarheid van die Bybelse verhaal. Besoek gerus CMI se webblad en kies watter onderwerpe in hierdie veld jy eerste wil lees en verstaan. Teken in op Creation Magazine en Creation Journal. Skaf ook die boeke “Questions and Answers” deur CMI onder redaksie van Ken Ham, waarvan daar `n kort weergawe en ook `n stel van drie volumes beskikbaar is, aan. Daarna sal jou soeke na nog inligting jou in `n spesifieke rigting lei.
Die Evolusie Leer (EL) het ook sedert Darwin sy “Origin of Species” in 1859 gepubliseer het, talle variasies en aanpassings ondergaan. Sedertdien het teorieë soos Neo Darwinisme, Gap theory, Day-age-theory, Theistic evolution, Local flood view, Framework hypothesis, Progressive evolution ens die lig gesien.
Ek het hier-en-daar verwysings vir sekere stellings aangegee, maar soos jy deur die beskikbare inligting werk, sal jy self die nodige bevestigende navorsingsverslae ter hand kry.
WAAROM MOET CHRISTENE VAN DIE EVOLUSIE-LEER (EL) KENNIS NEEM?
Die EL misken die bestaan van `n Intelegente Wese, wat vir die skepping verantwoordelik is. Verder word die EL as wetenskap voorgehou en in skole en universiteit as feite in wetenskapklasse aangebied. Dit word om elke hoek en draai in ons kele afgedruk. Kort-kort word berig van `n ontdekking wat glo miljoene jare oud is, soos die wonder hoender wat in België gevind is wat 66,7 miljoen jaar oud is (Huisgenoot 6 Mei 2020, p69).
Baie wetenskaplikes aanvaar dit wat die EL aanbied omdat hulle bang is om gemarginaliseer te word. Baie wetenskaplikes weet nie hoe die EL by 4,6 miljard-jaar oue heelal uitkom nie, maar aanvaar dit net eenvoudig, “want so baie wetenskaplikes aanvaar dit”.
WAT SÊ DIE EVOLUSIELEER.
Die evolusie-leer (EL) verkondig dat alles uit anorganiese elemente, wat oor `n lang tydperk deur voortdurende klein toevallige verbetering en toenemende kompleksiteit ontstaan het. Met ander woorde dat `n molekuul tot `n mens, en alles tussen in, spontaan ontwikkel het. Dit verduidelik egter nie waar die elemente wat betrokke was in die oer-sop, vandaan gekom het nie.
Die EL het sy ontstaan te wyte aan mense wat nie wil aanvaar dat God bestaan en alles geskep het soos die Bybel ons in Genesis 1 tot 11 leer nie. Die evolusionistiese of sekulêre (Wêreldlike) beskouing wil God uit die prentjie haal en daarom soek hulle bewyse en formuleer teorieë wat oënskylik wetenskaplik van aard is. Hulle beskou die mens nie as uniek nie en ook nie dat ons enige doel op aarde het nie. Ons leef ons lewe en gaan dan tot niet.
WETENSKAP OF DOGMA?
Operasionele wetenskap vereis dat die bevindings aan die wetenskaplike eksperiment moet voldoen. Om aan die vereistes van `n wetenskaplike eksperiment te voldoen, moet die hele proses (van begin tot die finale resultate) meetbaar en herhaalbaar wees. Enige iemand moet op dieselfde manier, dieselfde resultate kan kry. Die wetenskaplike eksperiment het elektrisiteit, telefone, binnebrand-masjien ens. ontwikkel en `n man op die maan geplaas.
Is die evolusie-leer dan `n wetenskap? Nee, beslis nie. Geen eksperiment kan uitgevoer en die resultate gemeet word, van gebeure in die verlede nie.
Teorieë oor gebeure in die verlede kan net geformuleer word op grond van waarnemings van die huidige en dan aannames oor hoe dit tot stand gekom het. Hierdie aannames behoort wetenskaplik gefundeer te word, om geloofwaardig te wees. Van die aannames wat sekulêre teorieë gebruik, is reeds wetenskaplik verkeerd bewys.
IS DIE SKEPPINGSLEER (SL) `N WETENSKAP?
Ook nie want `n Christen kan ook nie wetenskaplike bewyse voorlê oor die skepping nie. Maar, die Christen en die Bybelse verslag van die gebeure, en soos ons later sal sien, stem meeste van die argeologiese, geologiese en historiese ontdekkings ooreen met die verslag in die Bybel. Soos Morgan (1935) dit gestel het “I know that there are absolutely no discrepancies between the Biblical statements and the ascertained facts of science. There may be many discrepancies between the hypothesis of scientist in their investigation of phenomena, and what the Bible says. It is equally true that there may be discrepancies between the ascertained facts of science, and what some people say the Bible teaches”.
In Evidence for Creation (DeRosa, 2015) word die bewyse in die heelal, aarde, lewe en die mens bespreek.
WAT IS EVOLUSIE WERKLIK?
Dis eintlik net `n klomp teorieë, `n geloof maar nie `n wetenskap nie. Sedert Darwin met sy storie begin het, is dit gedurig aangepas soos,
- Neo-Darwanisme,
- Spronge-teorie,
- Gepunktueerde evolusie en
- toe dit nie geloofwaardig is nie, sleep hulle natuurlike seleksie by.
WAAROM HET DIE “GELOOF” SOVEEL VOLGELINGE?
Baie stort fondse in die propagande, solank dit net nie die storie van `n Skepper staaf nie.
Omdat soveel wetenskaplikes die storie verdra/glo/aanvaar ander dit ook. Hulle wil nie uit voel nie.
BEWYSE VIR DIE BYBEL.
Menige êrenstige en eerlike studente van die Bybel bevestig dat;
“It’s clear that from the very first verse of Genesis, the Bible is concerned with giving a factual account of how God has interacted with the earth. This means that it must give historically accurate details, as well as being theologically accurate. In fact, what we believe about God is based on historical claims, so if the history is inaccurate, then the theology must be as well! One of the ways the biblical authors communicated that they were giving actual history is by recording lifespans, or measuring the amount of time between certain events. We can be confident that God’s Word is accurate in its historical details as well as in what it tells us about theology.
Van die grootste aanslae teen die Christendom en hul Skeppings-verhaal is gemik op;
- Die juistheid van die Bybel.
- Die Vloed.
- Die Ark.
- Ses dae of periodes.
- Jong aarde.
- Job
JUISTHEID VAN BYBELSE WEERGAWES.
Alhoewel die Bybel uit 66 boeke bestaan, wat deur 40 verskillende profete in drie tale (Hebreeus, Aramees en Grieks) op drie kontinente (Afrika, Asie en Europa) geskryf is, deur 40 profete in drie tale oor 1500 jaar geskryf is, toon dit `n ooreenstemmende boodskap.
Teologie is egter ook nie `n operasionele wetenskap nie maar daar bestaan so baie bewyse dat die gebeure wat in die Bybel verhaal word, histories en geografies korrek is. Bewyse dat die plekke soos Jerigo (1907 tot 1909 opgegrawe) en Jerusalem wel bestaan het en dat mense soos Ramses II, Dawid, Jesaja en Herodes wel in die tyd en plek wat die Bybel beskryf, geleef het, maak die Bybelse weergawe meer aanvaarbaar. Nog geen van die opgrawings kon bewyse vind dat die Bybel verkeerd is nie. Werner Keller (1982) verhaal argeologiese bevindings wat die bestaan van bitter water by Mara (p97 en Eks 15: 23), waterdraende rotse (p105 en Eks 17:6 en Num 20:11), manna (p99 en Eks 16:4 en 31) en kwartels (p97 en Eks 16:13-15) bevestig. So ook die plek en tyd van Ur van die Galdeers (p29 en Gen 12:1) en die slawe-diens onder Pitom en Ramses (p87 en Eks 1).
Meer as 3 200 gebeure en plekke is reeds argeologies bevestig. Geskrifte wat uit 1220 v C dateer, meld al die naam Israel
Die dooie see-rolle wat in 1947 gevind is bevat feitlik die hele Ou Testament.
Josua se klipmesse (Jos 5: 5) is in 1870 in die “stad van Josua” , Kefr Isjoea, gevind.
Aanvangklik is beweer dat Pilates nie bestaan het nie, maar argeologiese opgrawings het dit bevestig. Die steen met die nodige inligting staan tans in Caesarea in die moderne Israel (Hunt, 2009). So ook is die bestaan van die Hetiete, na uitgerekte opgrawings, bevestig (Hunt, 2009).
Daar was 29 konings in die tyd van die OT wie se name in ander nie-Bybelse tekste en in die Bybel verskyn. Die name het bestaan uit 195 konsonante. In die Bybel kan slegs twee of drie konsonante bevraagteken word, maar die ander nie-Bybelse geskrifte, was die name meestal onleesbaar verkeerd gespel (Hunt, 2009).
Soos Morgan (1935) hierbo gestel het, het geen opgrawings nog die Bybelse verhaal verkeerd bewys nie. Keller (1982) lys `n groot aantal argeologiese ontdekkings wat die Bybel steun. Dit strek vanaf die vertrek van Abraham uit Ur tot die verwoesting van Jerusalem.
- `n Interessante berig is die van die water draende rotse wat deur majoor Jarvis by Rafidim beleef is. Per ongeluk het `n soldaat met sy graaf teen `n rots gestamp en toe vloei daar drinkbare water uit, nes Num 20;11 dit beskryf. Die rotse bestaan uit porieuse kalksteen wat water kan huisves. Aan die buite kante word die rotse “verseël” deur verwering en word water in die rots opgegaar totdat die seël gebreek word.
- Nog `n merkwaardige verslag deur Keller, is die oor die brandende braambos wat “brand maar nie uitbrand” nie. Dit is geïdentifiseer as Dietamnus alba wat met klein olieswelsels oortrek is. Die olie is vlugtig en met `n oop vlam sal dit skielik ontbrand. Daar is nog `n verklaring naamlik dat die vlammende rooi kleure van die voëlent, Loranthus accaciae, wat in struike en bome groei, die indruk van `n brandende bos kan skep. Niettemin, dit bestaan soos in die Bybel verhaal.
Voorts berig Wilson (Kyk na Ham, 2006) van 13 belangrike gebeure wat in die Bybel verhaal word, en dui die argeologiese bewys vir elkeen aan. Dit strek van verhale oor die Vloed tot die kruisiging van Jesus.
- Een baie interessante verwysing is na die ontdekking van die Dooie See-rolle. Dit bevat kopieë en fragmente van al die boeke van die Ou Testament, behalwe Ester. Die geskrifte van Jesaja, is feitlik volledig en in die Hebreeus van sy tyd geskryf.
- Dokumente aangaande die persoon van Jesus beskryf is in Egipte, binne in `n gebalsemde krokodil gevind. Die dokumente is geskryf deur Joodse priester/s en dek die periode voor, tydens en na die Nuwe Testamentiese tyd. Dit staaf die feit dat Jesus die taal van Sy tyd gepraat het (Mark 12:37), die verhoor deur Pilatus (Joh 18:31 tot 38), die van Lukas as historikus van die Nuwe Testament en die samevloei van die NT-geskrifte en die van sekulêre Romeine.
Hierdie bevindings “bewys” nie die Bybel nie maar “bevestig” God se Woord. Die opgrawings is nie net deur Christene gedoen nie. In der waarheid is Christen-argeoloë in die minderheid.
Wison (Verwys na Hubt, 2009) wat 40 Semietiese tale magtig was, het na 45 jaar se studie van die OT-boeke gesê; “I can affirm that there is not a page of the Old Testament concerning which we need have doubt”.
Omtrent 30% van die Bybel is profesië, wat op sigself uniek is, want nêrens word profesië oor Muhammad, Confucius, Buddha of in die “Book of Mormon” gevind nie. Jesus se koms is duidelik geprofeteer met die tyd en plek, duidelik aangedui.
Vanuit die mediese veld staan een opdrag uit die OT uit as `n bewys van die ons Alwetende God met die opdrag oor die besnydenis. In Gen 17:12 word Abraham aangesê om elke manlike kind op die 8ste dag te besny. Presiese voorskrifte ! waarom? McMillen & Stern (2000) verduidelik dat die pasgebore baba eers op dag 4 tot 5 vitamien K vorm. Die konsentrasie pro-trombien daal vanaf 90% tot <40%, maar op dag 8 is 110% van die normale konsentrasie. Beide vita-K en protrombien is noodsaaklik vir bloedstolling.
Die Nuwe Testament is deur ooggetuies geskryf (Lukas, 3). In teenstelling met ander geskrifte uit die tyd van die Nuwe Testament het meer as 24 000 afskrifte behoue gebly. Die naaste daaraan was die van Demosthenes (383-322 VC), waarvan net 200 oorgebly het. In 1859 is die Codex Sinaiticus, wat die hele nuwe Testament plus dele van die Ou Testament bevat, opgespoor.
BEWYSE VIR DIE VLOED.
Hoe kon water die hele aarde bedek het? `n Hoogte-grafiek van die oseaanvloer en die berge, illustreer dat indien die oseaanvloer met 5km sou gelig word, kon die bestaande volume water die ganse aarde bedek het. Dit klink verskriklik maar teenoor die aarde se radius (6 378km) is die `n verandering van net 0,1% (Walker 2008). Die ander vraag aan voorstaanders van die Skeppingsverhaal, is waar is die water na die vloed heen. Die antwoord word breedvoerig deur Walker (2008) bespreek met antwoorde wat meer aanvaarbaar as menige ander teorieë is.
Eerstens was die topografie van die aarde nie soos ons dit nou ken nie. Indien die berge laer en die valleie vlakker was as tans, sou die huidige volume water op aarde die hele aarbol onder 3km water kon plaas. Na die vloed het tektoniese verskuiwings, aarbewings en vulkane die huidige topografie geskep. Die water het na die laer-liggende dele gevloei en groot massas grond en ander materiaal oral oor die planeet neer gelê. Sowat 71% van die huidige gesteentes bestaan uit sedimente. Selfs op vandag se hoogste berg, Mount Everest, word mariene-neersetting met mariene fossiele gevind.
Boomstompe is n steenkool-groewe in Australië gevind wat vertikaal in verskeie sediment-lae staan. Indien die lae oor lang tydperke neergelê was, kon die stomp nie deur meer as een laag strek nie. Dit sou lankal vergaan het. Die lae moes oor `n betreklik kort tyd neergelê word, soos wat ons kan verwag tydens en kort na die Vloed.
`n Totaal van 80 000 werke in 72 tale uit nie-Bybelse geskrifte, verhaal die Vloed. Een voorbeeld is die Gilgamesj-epos uit Nineve.
BEWYSE VIR DIE ARK.
Een groot beswaar teen die verhaal van die ark is dat so `n groot, primitiewe struktuur nie sal kan dryf nie. Gedurende 1405 tot 1433 het die Chinese admiral Zneng He skepe van hout gebou wat 123 tot 17m lank was. Die skepe is deur seile aangedryf wat vereis dat die romp nog sterker as Noag se 137m-ark moes wees. Dat die ark wel kon bestaan het, is dus nie so vergesog nie (Nunn, kyk na CMI, 2015).
Kon die ark al die diere huisves? Eerstens moet ons kennisneem van die feit dat die Bybelse “Soort” nie na vandag se species verwys nie, maar na `n baie breër groep. Byvoorbeeld, die “hond-soort” kan die jakkalse, wolwe, wilde honde en die voorvader van die huis-hond verteenwoordig het. Perde, donkies en sebras is een soort dier. Daar word bereken dat sowat 16 000 diere in die ark gehuisves moes word.
Voorts was dit sekerlik ook nie nodig dat volwasse diere die ark moes beset nie. Dinosourusse lê eiers. Die grootste dino bekend (T. Rex) se eier is net 61cm lank en minder in deursnit. Verder groei dinos aanvanklik stadig maar baie vinnig vanaf jaar 5. So eiers of jong dinosaurusse kon in die ark pas.
Ongelukkig kon nog geen betroubare opgrawings die ark opgespoor nie.
Die Ark kon ook saamgepersde en droeë kos aan boord gehad het. Die volume kos word op 15% en water 9,4% van die Ark se ruimte geraam.
So dis was nie so onmoonlik as wat die evolusioniste en die sekulêre denke dit maak nie.
Ses dae of periodes?
Christene het aanvaar dat die skepping 4000 jaar voor Christus geskep is. Sowat 200 jaar gelede het sekere “wetenskaplikes” ander teorieë oor die ontstaan van die heelal bedink. Om die teorieë te staaf het hulle miljarde jare nodig gehad. So onstaan die “wetenskap” van evolusie (Evolusie-leer, EL). Omdat die EL as “wetenskap” voorgehou was, is dit wyd, sonder vrae, aanvaar, want op daardie stadium het die wetenskap saam met die industriële revolusie, groot aanhang verwerf. Wie wil nou “uit” voel as die wetenskap dit “bewys” het.
Waarom kan en moet Christene nie die EL en miljoene jare aanvaar nie (Mortenson, verwys na Ham, 2006).
- Die Hebreeuse woord wat in Genesis 1 gebruik word (yom), beteken letterlik een dag van 24uur. Dit word in verband met lig/donker, dag/nag en oggend/aand gebruik
- In Genesis 5 en 11 word volledige genealogiese geskiedenis weergegee, wat op 6 000 gelede dui.
- Eksodus 29:9 tot 11 verhoed enige poging om miljoene jare by Gen 1 in te pas. “Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen en die sewende dag rus”. God gebruik die woord yom om die werksdae aan te dui, nie een van drie ander Hebreeuse woorde wat `n “onbepaalde tyd” aandui nie. God sê Hy het in ses dae (yom) geskep en ons moet ses dae (yom) arbei.
- Die Vloed-rëen het 150 dae lank geduur (Gen 7:11). Indien die Vloed verantwoordelik was vir die sediment en erosie wat wêreld-wyd voorkom, kon dit nie miljoene jare geduur het nie.
- Jesus beskou die gebeure van Skepping, Adam, Vloed, Sodom en Gamorra, Jona en die vis, ens as histories korrek (oa Mat 15: 1-9 en Mar 10:6).
- Die idee van miljoene jare is nie op wetenskaplike feite gebaseer nie.
- Radiometriese data steun nie die idee van miljoene jare nie.
- Koolstof-14-data steun nie die lang periodes nie.
Jong aarde.
Die tydsbepaling is gegrond op die chrono-genealogie van die mense wat in die Bybel genoem word. Ons weet dat Adam 130 jaar oud was toe Set gebore is. Ons weet egter nie of hy 130 en drie maande of 130 jaar en 9 maande oud was nie. Dit is waar vir al die geslagte na Adam. Set was 105 jaar oud toe Enoch gebore is. Deur hierdie chrono-geanealogie verder toe te pas, was die vloed 1565 ±10jaar na die Skepping. Of 1565 AM (anno mundi, die jaar van die wêreld).
Daar is `n ononderbreekte chronogenealogie vanaf Sem tot Abraham (Gen. 11) en verder (Gen 5, 11, 21, 25 en 47) tot die vertrek van Jakob na Egipte, tot hy 130 jaar oud was. Hiervolgens het Jakob in 642±12 jaar na die vloed, na Egipte getrek. Dit wil sê in 2298±22 AM. Hier eindig die chronogenealogie sowat 2000jaar voor Christus.
Eksodus 12:40 verhaal dat Israel vir 430jaar in Egipte was, terwyl Gen 15:13 sê dat hulle vir 400jaar as slawe geleef het. Hulle was eers na Josef se dood as `n bedreiging gesien en verdruk. So die uittog het 2728±23 AM plaas gevind.
Ons weet dat die Israeliete 40jaar in die woestyn geswerf het, dus het hulle Kanaan in 2768±24 AM binne gegaan. Hierna word die chrono-genealogie effens troebel, want ons weet nie presies hoe lank die inval geduur het en hoe lank voordat die rigters Israel begin regeer het nie of hoe lank elke rigter regeer het nie. Maar 1 Konings 6:1 begin weer `n betroubare genealogie met die stelling “In die 408-ste jaar nadat die Israeliete uit Egipte gekom het, het Salomo die tempel begin bou”. Dit gee `n periode van 356 jaar wat die rigters regeer het. So die bou van die tempel het in 3208±23 AM begin. Tot hier is die onsekerheid oor die tyd slegs 25 uit 3200jaar of 0,78%.
Vanaf die tempel tot die ballingskap was 345±21 jaar of in 3 553AM. Dit was ook ongeveer 586 vC wat beteken 1vC was ongeveer 4 150±50 AM. Dit laat ons met `n tydsveloop van 6 170 jaar tot op hede (2020 nC).
Ander inligting wat die berekening van `n jong-aarde bevestig is onder andere;
- Die konsentrasie sout in die see.
- Die maan beweeg teen 4cm per jaar weg van die aarde. Oor die gewaagde 1,37 biljoen jare, sou dit al baie verder gewees het.
- Eintlik dui 90% van die metodes wat gebruik is om die ouderdom van die aarde te bepaal, op `n jong-aarde.
- Rooibloedselle en hemoglobien in ongefossileerde dinosourus bene, kan nie 65miljoen jaar ound wees nie.
- Die Alaska-Hadrosaurus se bene was nie versteen nie, maar eintlik “vars”.
- Die aarde se magnestiese veld verval en die huidige kan nie meer as 10 000jaar oudwees nie.
- Helium stort in die atmosfeer vanaf radio-verval maar die huidige konsentrasie is net 1/2000 van wat verwag kan word indien die atmosfeer biljoene jare oud sou wees.
- `n Supernova is `n ontploffing van `n groot ster en die lig oorskadu die res van die galaksies vir `n wyle. Die oorblyfsels kan, volgens die fisiese vergelykings, vir honderde duisend jaar uitdy. Tog is daar geen baie ou supernovas in ons galaksies nie.
- DNS wat uit fossiele geëkstraeer is, kan nie die gewaagde 425mj oud wees nie.
- Die Lazarus-bakterie wat uit sout-neersettings herlewe het, kan ook nie 250mj oud wees nie.
- Die verval van die menslike genoom, deur klein skadelike mutasies dui ook op 1n paar duisend jaar ouderdom.
- Die inligting oor die “Mitochondriale Eva” stem ook ooreen met `n paar duisendjaar-ouderdom.
- Die uiters beperkte variasie in die Y-chromosoom regoor die wêreld, dui ook daarop dat die mens net `n paar duisend jaar oud is.
- So kan ek nog minstens 100 noem. Indien jy in meer inligting belangstel gaan besoek gerus Creation Ministries International se webblad.
- Navorsing in genetika toon dat elke lid van een generasie mense sowat 80-300 mutasie wat nie in die ouers voorkom nie. Voeg hierby die aantal mutasie wat wel in die ouers voorkom, en die som klop weereens nie.
Job
Interessante wetenskaplike insigte in die boek Job;
- Die aarde hang in die hemelruim (26:7) God strek die noordelike lugruim oor leë ruimtes en hang die aarde op aan niks.
- Daar is fonteine in die oseane (38:16). Was jy al by die fonteine waar die see ontspring?
- Lig kan geskei word (38:34) soos Isaac Newton 400jaar gelede bevestig het met die 7 kleure waaruit wit lig bestaan.
- Beskryf die hidrologiese siklus (36:27+28) nl waterdamp uit die see, kondensasie en neerslag. Hy trek die waterdamp op en laat dit val as reën.
- Die heelal is besig om uit te dy (9:8). Hy alleen sprei die hemele uit.
- Lig beweeg in bane (28:25).
- Lug het gewig (28:25).
- Lig kan in klank omskep en waargeneem word (38:35)
- Lewe bestaan uit meer as materie en energie (12:7-10)
- Dinosaurusse word beskryf (40:10-19)
Evolusie en natuurlike seleksie.
Sekulêre denke maak los-en-vas van natuurlike seleksie as meganisme van evolusie gebruik.
Natuurlike seleksie word beskryf as die aanpassing van `n organisme om die omgewingstoestande te oorleef of hanteer. Alhoewel dit soms voorkom asof natuurlike seleksie `n “beter” organisme voortbring. Is die selde die geval.
Enige natuurlike populasie vertoon `n klok-vormige verspreiding van `n eienskap teenoor die aantal induvidue wat die eienskap toon. In `n populasie van mense sal `n paar baie lank wees, die meederheid sal `n “gemiddelde” en `n paar `n relatief kort lengte vertoon. As iets in die omgewing gebeur wat die lang-mense bevoordeel, sal die korteres gaandeweg minder word en die langes meer. Na verloop sal die klok-patroon van hierdie populasie “skuif” en die gemiddelde lengte sal groter as die voriges wees.
Hierdie verandering het egter geen eienskap of genetika bygevoeg nie. Inteendeel, dit het die gene wat `n kortlengte het, verloor. Evolusie vereis `n toename in kompleksiteit, nie `n afname nie.
Die sogenaamde “hospitaal-kiem” of “super-kiem” is geselkteer deur byna steriele toestande, waar geen of min kompitisie is. Daarom word pasiënte so gou moontlik uit die steriele toestand van die hospitaal na `n kompeterende omgewing by die huis gestuur (Wieland, 1997).
Die nawel-lemoen is geselkteer op grond van sy saadloosheid. Vir die verbruiker is dit `n beter produk maar nie vir die nawelboom nie. Die nawelboom kan net vegetatief (deur inenting of steggies) voortgeplant word, omdat dit geen saad het nie. Op sy eie is voortplanting haas onmoontlik.
Aap as voorvader van die mens
Volgens sekulêre denke verskil die mens en die aap se DNS net 4%. Aanvanklik was dit net 1%. Dit was gegrond deur net sekere dele van die DNS-ketting met mekaar te vergelyk. Minder as 2% van ons genome is proteïen-gekodeer en dit bevat honderde proteïen-kodes wat nie in ape voorkom nie. Daar is talle geen-families wat nie in ape voorkom nie. Volgens evolusioniste is daar net `n paar duisend geslagte sedert die mens van die aap geskei was. Hoe kan soveel ingewikkelde veranderings in so `n kort tydperk plaasvind?
Wys die ooreenkomste nie eerder op gedeelde Skepper/Ontwerper as `n gedeelde voorvader nie? Honderd-persent van `n trapfiets se komponente is in `n Boeing, omdat die ontwerpers dieselfde tegnieke gebruik het. `n Trapfiets kan egter nie vlieg nie.
Dit DNS van die mens en aap verskil egter op kritieke punte. Die mens se DNS bestaan uit 35 miljoen enkel nukleotiedes wat op verskillende maniere in die nageslag gerangskik word. Om `n nuwe spesies tot stand te bring verg die herrangskikking van tien-duidende chromosome, wat dan versprei, gevestig moet word, sowel as tien-duisende wat bygevoeg of weggelaat moet word, voordat `n nuwe variant tot stand kan kom. Om net 6 miljoen jaar (volgens die EL) hiervoor toe te laat is te min. (Carter, 2014, Hoofstuk 2, Genetic and DNA)
LW Ons DNS stem 50% ooreenkoms met die van piesangs.
Genetika is nie die EL of Darwin se vriend nie. Darwin het die kompleksiteit van lewe, die wyse waarop spesies vermeerder en die broosheid van die ingewikkelde bio-sisteme, geïgnoreer.
Daar is voldoende bewyse in die gene van die moderne mens om die ontstaan van die mens na twee induvidue terug te voer. Die tempo van mutasies, die verspreiding van mutasies en die broosheid van die ingewikkelde bio-sisteme wat in die genoom van die mens opereer, getuig van `n jong sisteem (Carter, 2014).
Verdraaiings en vervalsings deur evolusioniste en die sekulêre gemeenskap.
Sekulêre denkers het ten minste drie metodes om nuwe inligting te hanteer.
- Eerstens verdraai hulle die feite om by die raamwerk in te pas.
- Hulle wysig die evolusie-raamwerk.
- Hulle swyg die inligting dood of ignoreer dit.
Kom ons bekyk `n paar van die verdraaings.
Een van die vroegste vervalsings en bedrog is die sogenaamde embrios van Haeckel (Van Niekerk, 2011). Hy publiseer afbeeldings wat “bewys” dat embrios van `n verskeidenheid organismes (insluitende die mens) deur diesefde stadiums, in die embrio-stadium, gaan. Hy dui “duidelik” aan dat die mens-embrio op `n stadium selfs kiewe soos visse het. Kort na die publikasie het hy erken dat hy die afdrukke “gewysig” het, die rede “om die EL te steun”. Maar daardie reeks gedokterde afbeeldings verskyn nog steeds in wetenskap-handboeke.
Dan is daar die afbeelding van die Nebraskaman wat as voorloper van die mens voorgehou word. Die hele afbeelding is opgebou rondom `n enkele tand. Die tand is later as die van `n wilde vark geïdentifiseer, maar die afbeelding staan nog steeds in die American Museum of Natural History, as voorbeeld van die evolusie van die mens.
So ook die vervalsing van die Piltdown Man. Die skedel wat vir ons voorouers gebruik word, is eintlik van die moderne mens. Die kakebeen was die van `n jong orangoetang.
Die sogenaamde “bewys” vir die oorgang van dinosaurus na voëls (Archaeoraptor) wat hoog aangeprys is deur The National Geographic Society, is maar net `n kunstenaar se verbeelding. Nog geen oorgangsvorme is gevind nie.
Homo Naledi, wat onlangs in die Sterkfontein-grotte gevind is, is onmiddelik as `n oer-ouer van die mens bekend gestel. Talle argeoloë het meer aanvaarbare mootlikhede as die van Lee Berger, genoem. Maar trou aan die evolusie-teorie, is Berger se weergawe aanvaar want dit pas by die evolusie-raamwerk.
Wysiging van die EL-raamwerk.
“Fire ants” (Solenopsis invicta) was per ongeluk na die VSA vanaf Suid Amerika gebring. Indien `n reptiel of voël op hul miershoop beland, word dit vinnig aangeval.
Dit neem 12 van hulle om `n akkedis van 75mm in minder as `n minuut, te dood
Die “fence lizards” (Sceloporus undulatus) met langer bene, vaar beter om van die bedreiging te ontsnap. Die langer bene is waarskynlik `n genetiese variant en natuurlike seleksie.
Nie verbasend dat National Geographic hierdie genetiese “veranderings” as `n bewys van onlangse evolusie gerapporteer het nie.
Die evolusioniste se gevolgetrekking; “Everyone ‘knows’ that evolution is slow and gradual—except when it’s fast and sudden! Note this National Geographic News headline: “Lizards evolving rapidly to survive deadly fire ants.” (Roach, 2009).
Ignoreer bevindings.
Dis `n redelik algemene metode om enige inligting wat nie by die EL se raamwerk in pas nie, geïgnoreer word. Die onlanges voorbeelde is die sagte weefsel soos bloedvate van dinosaurus-fossiele maar aanvanklik kon die argeoloog dit nie publiseer nie. Nou soek die sekulêre wetenskapliks na redes waarom sagte weefsel miljoene jare oorleef het. Die voor die handliggende verklaring, (Dinosaurusses is nie so oud nie) word nie eens oorweeg nie. Enigiets, solank ons nie die EL en die miljoene jare bevraagteken nie.
Ouderdoms-bepalings van rotse wat gebruik word deur evolusioniste.
Die EL is afhanklik van stadige verbetering van spesies oor lang-lang tye. Volgens die EL is die aarde 4,6 miljard jaar oud (4,6×109 maar in die VSA word dit `n triljoen genoem). Hoe word dit bepaal? Basies word drie metodes gebruik;
- Radiometrie
Ouderdombepalings op rotse maak gebruik van die verval van sekere radio-aktiewe elemente. Die onstabiele radio-aktiewe elemente verval na dogter-produkte wat stabile is, teen `n sekere tempo. Die konsentrasie van die moeder- en dogter-produkte in die rots sal dan die ouderdom van die rots aangee. Die berekening is eenvoudig genoeg, maar die antwoord is slegs geldig indien sekere aannames waar is.
- Dat die proses teen ‘n bestendige tempo geskied.
- Dat die konsentrasie van die ouer (of moeder) material dieselfde was as tans.
- Dat geen moeder-materiaal intussen bygevoeg is nie.
- Dat geen van die gevormde dogter-produk ontsnap het nie.
- Dat geen dogter-produkte van buite af, bygekom het nie.
Die metode is so akkuraat dat die ouderdom van diesefde gesteentes, afkomstig uit die Grand Canyon in die VSA, deur verskeie laboratoriums as 10 000 tot 2 600mj aangegee is. Een laboratorium gee dieselfde rots se ouderdom as tussen 10 000 en 117 000 000 jaar aan.
Tydens die lewe van plante word koolstof in die plantmateriaal ingebou deur fotosintese. Die inname van die onstabiele Koolstof-14 (Of C14) bly dus konstant, gemeet teen die konsentrasie C14 wat op daardie stadium in die atmosfeer was/is. C14 is `n onstabiele vorm van koolstof en verval na stikstof (N) teen `n meetbare tempo en vorm die basis van koolstofdatering. Die halfleeftyd van C14 is sowat 5 730 jaar. Dit beteken dat na 5 730jaar die konsentrasie C14 met 50% verlaag het. Sodra die plant sterf begin die konsensentrasie C14 in die plantreste daal omdat geen nuwe C14 bygevoeg word nie, en die bestaande C14 verval. As n monster van plantmateriaal vandag vir C14 getoets word en die konsentrasie is 50% van wat dit behoort (`n aanname) te wees, is die ouderdom van die materiaal ±5 700jaar. Die meting berus egter op aannames wat nie noodwendig geldig is nie naamlik;
- Die aanvanklike konsentrasie C14 of die verhouding van C14 tot C12 in die verlede is dieselfde as nou.
- Dat die verval-tempo oor die jare konstant was.
- Dat geen “vars” C14 sedert die afsterwe van die plant bygevoeg is nie.
- Dat geen C14 sedert die afsterwe verlore gegaan het anders as deur verval die nie.
Dit klink alles goed maar daar is talle bewyse dat die aannames verkeerd is, en dat die ouderdomme wat met koolstofdatering verkry word, nie korrek is nie. Voorbeelde is,
- Dinosourus-bene bevat C14.
- Steenkool wat veronderstel is om miljoene jare oud te wees, bevat C14.
- Diamante bevat C14.
- Ens ens.
- Geologiese kolom.
Die geologiese kolom is gebaseer op die aanname dat die eenvoudigste organismes in die heel onderste lae van sedimente gevind sal word en progressief hoër op in die lae, die mees gevorderde organismes. Op grond hiervan word die sirkel-redenasie gevolg wat soos volg lei:
- Die eenvoudigste organismes het die minste evolusionëre ontwikkeling ondergaan en is dus die oudste.
- Die mees gevorderde organismes het die meeste evolusionêre ontwikkeling ondergaan en is dus die jongste.
- Omdat die mins-ontwikkelde organisme in die onderste sedimentêre lae aangetref word, is die lae dus die oudste.
- Omdat die mees-ontwikkelde organisme in die boonrste sedimentêre lae aangetref word, is die lae dus die jongste.
Om vir ouderdoms-bepalings gebruik te kan word, moet dit regoor die aarbol van toepassing wees, in klein area, streeksgebiede, subkontinente en oraloor. Dir eerste twee stappe is redelik maklik bereikbaar maar die laaste twee verongeluk die hele metode. Aanvanklik was die metode eers op `n streeksbasis in Engeland, Alpe en Uralgebergte gebruik. Weereens moes `n klomp aanames gebruik word om die opeenvolging wat in Engeland gevind met die van die Alpe en Uralberge te versoen.
Aanvanklik (1800) is gesê dit hou geen verband met die EL nie, maar gou het dit bekend geword dat dit netjies by opeenvolging van indeks-fossiele inpas. Indeks-fossiele is organismes wat glo vir `n kort rukkie geleef het. Ja, `n katastrofe was verantwoordelik vir die ontwikkeling van die kolom.
Indeks-fossiele is die basis vir die metode en al die ander metodes MOET hierby inval
Probleme met die geologiese kolom.
- Die vertikale opeenvolging in die kolom is meermale horisontaal.
- Die fossiel-reeks verander gedurigdeur.
- Lewende “fossiele” word geduring ontdek. Soos die Wollemin Den in die Blue Mountains (Australië), `n spons naby Vancouver en sellekant (Coelecant) naby Mosselbaai.
- Verskillende name vir dieselfde fossiel.
- Taksonomiese manupilasie om `n fossiel êrens te laat pas, soos die “Tribolite”.
- Onreëlmatighede in die fosiel-kolom waar meer as een ouderdom aangedui word. Nou moet hulle kies watter een dui die regte ouderdom aan. `n Lys met 200 uitpas-fossiel is by CMI beskikbaar.
- Die “ongefossieleerde” fossiele maak dit onmoontlik om `n ouderdom te bepaal.
Ander dilemmas vir evolusioniste.
Koolstof-14 en werklike ouderdom.
Steenkool. In 2003 het `n a groep navorsers van die Pennsylvania State University, C14-bepalings op 10 steenkoolmonsters gedoen. Die toetse kan as ‘ongewoon”bestempel word omdat die steenkool-monsters uit geologiese strata (lae) wat 37 tot 318 jaar oud is, kom. Die laboratorium-toetse toon egter dat al 10 die monsters soortgelyke konsentrasies C14 bevat. Dis `n reuse delemma vir evolusioniste want die steenkool kan nie so oud soos hulle beweer, wees nie. Dit pas egter perfek in by die Bybelse verhaal van die vloed wat die plante in masas sowat 4 500 jaar gelede onder grond en slik begrawe het.
Diamante. Konvensioneel word geglo dat diamante van uit die mantel van die aarde kom. Onlangs is `n boomstomp, ongefossileer, 300m diep in `n Kimberliet-pyp in Canada gevind. Kimberliet is `n vulkaniese rots en een van die hoof bronne van diamante. Sekulêre wetenskaplikes glo dat hierdie Kimberliet waar die stomp gevind is, 53 milj jaar oud is, en dat die diamante op sigself baie miljoene jare gelede gevorm en na die oppervlak geneem is. MAAR C14 is IN die al diamante gevind wat self `n ouderdom van 53 milj jaar onmoontlik maak.
Diamante, wat gladnie van natuurlike diamante veskil nie, kan vandag kunsmatig van koolstof, onder toestande van hoë temperature en druk, in ure gemaak word. Miljoene jare is nie nodig nie (Sarfati, 2006).
Die hout was nog in dieselfde toestand as dooie hout. Die hout bestaan uit lignien en sellulose wat beslis nie miljoene jare sou oorleef het nie.
Evolusie-boom.
Die EL se “boom” toon `n enkele stam wat dan vertak om baie sytakke te gee. Maar daar is geen bewyse hiervoor nie. Die fossiel-rekord toon net toppe van takke, met enkele mootlike vertakkings, maar geen oorgangsvorme nie.
Daarteenoor is die SL se standpunt dat al die soorte gelyktydig verskyn het. Die groot aantal fosiele wat in die Cambriese tyd gevind is, bevestig dit.
Cambriese fosiele.
Baie fossiele word in gesteentes wat tydens die Cambriesetydperk, wêreld-wyd gevind word. Dit is `n probleem vir sekulêre argemente maar pas in by die skeppings-verhaal. Die skielike verskyning van so baie soorte fossiele gedurende `n enkele tydperk, dui op die skepping van baie soorte diere en plante.
Fossiele wat die oorgang tussen spesies toon.
Darwin erken dat indien geen oorgangs-vorme van fossiele gevind word nie, sy hele teorie bedreig word (Darwin, 1859). Tot op datum is nog GEEN oorgangs-fossiele gevind nie. Vele pogings is al aangewend om data te verdraai, om `n oorgang aan te toon, maar sovêr is nog net “kunstenaars voorstellings” gelewer.
Ouderdom van rotse.
Die verval-tempo van verskeie radioaktiewe elemente (Uraan, Polonium,) word gebruik om rotse te dateer. Die berekening is eenvoudig genoeg, maar die antwoord is slegs geldig indien sekere aannames waar is. Gentry (1998) het besluit om bewyse in die verlede te soek aangaande vervaltempo’s. Die voor die hand liggende plek om te kyk, was by die littekens (Isochrone) in rotse wat geëts was deur die proses van radio-aktiewe verval. Die na-graadse skool het egter geweier dat hy dit ondersoek, want die “radiometriese dateringstegnieke is alreeds as betroubaar bekend”. Hy gaan egter voort en gebruik polonium wat `n kort half-leeftyd het. (polonium210 s’n is 138.4 dae, polonium214 s’n is 164 mikro-sekondes en polonium218 s’n 3 minute) en vind dat hierdie polonium-sfere, nie inpas by die evolusioniste se voorstelling van die geskiedenis nie.
Volgens evolusionêre geologie, het die Pre-Kambriese graniet wat hierdie spesiale sfere bevat, geleidelik gekristalliseer soos warm magma stadig oor lang tydperke afgekoel het. Die radio-aktiwiteit wat hierdie spesiale radiosfere (Isochrone) geproduseer het, het aan die ander kant so ‘n vlietende bestaan dat dit sou verdwyn het, lank voordat die magma tyd gehad het om voldoende af te koel om soliede rots te vorm.
Die enigste logiese antwoord het gou duidelik geword. Die tydsverloop tussen die skepping van die chemiese elemente en die vorming van die aarde se granietrotse, was op die meeste minute, eerder as miljarde jare.
Die implikasies hiervan vir die wetenskap is verstommend:
- Die oombliklike skepping van graniet laat ‘n paar miljard jare van die aarde se geskiedenis verval tot byna niks.
- Die miljarde jare wat geglo is nodig te wees vir die aarde om te ontwikkel vanuit een of ander newelagtige massa, verdwyn eenvoudig wanneer dit gekonfronteer word met sodanige bewyse.
- Die tyd wat die essensiële element wat nodig is vir evolusie om plaas te vind (TYD), verdwyn eenvoudig
Wat sê die evolusioniste hiervan?
- Publikasie van sy resultate in wetenskaplike joernale word geweier.
- Maar hy het wel daarin geslaag om in Scienceen Nature te publiseer.
- Navorsingsfondse is gesny
- Evolusionistiese wetenskaplikes het beweer dat Gentry se resultate ‘n ‘klein misterie’ aan die lig gebring het, wat eendag deur die standaard evolusionêre interpretasie van die geskiedenis geakkommodeer sou word.
- Eerder as om die resultate te ondersoek, ignoreer mede-wetenskaplikes bloot die hele onderwerp, al sou dit van kritiese belang wees om sy bewyse te bevestig of te weerlê.
Wanneer hulle beweer daar is geen bewyse vir die skepping nie, is hulle óf oneerlik, óf oningelig.
- Hulle bly eerder verbind tot een filosofie nl. dat die natuur geen behoefte het aan God nie, en gevolglik ook nie wetenskaplike verduideliking eis nie.
- Die eeue-oue houding teenoor God het nie verander nie.
Nog iets, lawa wat in 1949, 1954 en 1975 in New Zeeland gevorm is, gee radiometriese ouderdomme wat wissel tussen 270 000 en 3 500 000 jaar??
Steenkool-neerslae en die Vloed.
Die Illinois-kom (VSA) bevat 80 steenkool-neerslae wat deur dik lae sediment geskei word. Evolusioniste beweer dat dit nie deur Noag se vloed kon bedek gewees het nie, want dan moes daar 80 vloede gewees het. Soos gewoonlik bied hulle baie vinnig `n verklaring wat by die EL pas, sonder om tweekeer te dink.
Evolutioniste stel voor dat die steenkool-lae oor miljoene jare in moeras-agtige gebiede gevorm het. Die eenmalige wêreld-wye vloed is dus nie waar nie.
Navorsing deur Dr Austen bied egter aanvaarbare verduidelikings vir die 80 verskillende steenkool-lae (Snelling, 1986). Austin verduidelik dat die verskillende lae (some) gevorm is deur drywende matte plantmateriaal. Gedurende die Vloed het dit versadig met water geraak en gesink, waar dit op die bodem met sediment bedek is. Sy navorsing toon dat hele woude deur die vloed-water ontwortel is. Drywende plant-eilande word vandag nog waargeneem in oa die Amasone. Verdere matte drywende plantmateriaal raak water-versadig, sink na die bodem en word met sediment bedek.
Dr Austin het die navorsing uitgebrei en die teorie is bevestig op verskeie steenkool-neerslae regoor die VSA. Ook in Australië is die model suksesvol toegepas met die byvoeging van vulkaan-aktiwieteit soos in Newcastle in NSW.
Metamorfose van insekte
Darwiniste het groot probleme om die verskynsel van metamorfose (Byvoorbeeld die verandering van `n larwe na `n papie na `n mot) in terme van mutasie en natuurlike seleksie te verklaar. Minstens 87% van alle insekte ondergaan volledige metamorfose.
Die larwe en insek verskil op ten minste 5 lewensbelangrike funksies.
“Mayflies” is valslik as die mees primetiewe insek met vlerke beskou, maar hulle is alles behalwe primitief.
In `n 1999 uitgawe van Nature, het Truman & Riddiford (1999) `n hipotese aangebied om die volgens die EL te verklaar. Die aanbieding wemel van groot woorde en nuwe terme (Nog `n kenmerk van die sekulêre geskrifte) arbitêre vier-stadium-pronimf beskryf. Die pro-nimf evoleer in moderne larwe. Dit beteken maar net dat seker insekte hul eiers te gou uitbroei nog voordat dit in `n mot kon verander het. Dan hou dit aan met evolusie totdat dit `n papie kan word. Die pronimf het ook niks gehad om dit teen predatore te beskerm nie.
`n Beter verklaring is dat die vier-fase metamorfose geskep is om onafhanklik en ten volle funksioneel te wees..
Verwering en erosie.
Volgens evolusioniste vereis verwering van rotse lang periodes. Maar die damwalle van die Kariba-meer en Oroville-dam in California, is in gevaar (Walker, 2017). Die plonspoel van die Karibadam waar die water wat oor die wal of sluise stort, bestaan uit graniet. Volgens die Mohs-skaal van hardheid van gesteenstes is diamante 10 en 6-7 vir graniet. Nogtans word die stabiliteit van die twee damwalle bedreig omdat die graniet binne 100 jaar so geërodeer is, dat herstelwerk nodig is.
Fossiele
Orde in die fossiel-rekord is een van die sterk argumente ten gunste van evolusie. `n Vertikale orde van eenvoudige organisms onder in die kolom en hoogs-ontwikkeldes aan die bokant, bevestig evolisie deur eons van tyd.
Evolusioniste gebruik dit ook as `n sterk argument teen die Bybel en teen die begrip van `n jong aarde want indien die Vloed oor so `n kort periode (ongeveer een jaar) organismes begrawe het, sal dit in `n toevallige orde deurmekaar gevind word. Die sekulêre en evolusionistiese beskouiing is dat fossiele oor baie jaar en geleidelik begrawe is, in die orde wat hul evolusie weerspieël.
Dra hierdie twee uiteenlopende beskouings enige gewig? Watter een geloofwaardig?
Die oorsaak van die probleem lê nie net in die fossiel-opeenvolging, maar ook in die vereiste presissie en globale verskynsel van spesifieke fossiele om die evolusionistiese vereiste van miljoene jare in die geskiedenis te bevredig. Met ander woorde, indien indeks-fossiele wat geologiese periodes wêreldwyd betroubaar sal aandui, gevind kan word, sal dit hul teorie steun. Maar indien ware indeks-fossiele skaars is, is dit onwaarskynlik dat `n globale gesinkroniseerde tydsverloop en dus die evolusionêre volgorde sal bevestig.
Die toename in fossiel-reekse wat gevind word, dui daarop dat die fossiele van `n algemene aard is. Dit vertroebel die tydlyne en bemoeilik die datering van fossiele. Met `n vertroebelde tydlyn lyk die opeenvolging minder georden en meer na `n eenmalige gebeurtenis. Met ander woorde, die toenemende aantal fossiel-reekse maak die evolusionistiese model minder aanvaarbaar. Drie meganismes vir gelaagde skeiding van fossiele kan oorweeg word (Snelling, 1986), naamlik;
- Ekologiese skeiding waar verskillende vorme van lewe, in verskillende lae geleef het, en daar begrawe is. Die minder beweeglikes word in die onderst lae aangetref, sou `n ramp die habitat tref.
- Verskille in beweeglikheid en grade in vermoë om die ramp te onsnap.
- Verkille in liggaams-vorme en vermoë wat swem of sink sal bepaal.
- Biografiese provinsialisme waar nis-areas vir seker organismes geskep was. Voorbeelde is die habitat van bisons en kangaroes stem ooreen maar hulle is geografies geskei.
- “Tectonically Associated Biological Provinces” wat spesiaal deur God ontwerp is om verskillende ekologiese en biografiese sones te skep, wat gereeld met tektoniese onstabiliteit verbind word. By voorbeeld, die Laer Paleosoniese neersettings verteenwoordig pre-vloed biologiese provinsies wat gereeld deur aardkors-onstabiliteit geteister is teenoor die Cenozoic formasies wat meer stabiel was. Dit beteken dat organismes in eersgenoemde streek eerste begrawe sou word. Dit maak die oorlewing van die Vloed, direk proporsioneel tot die stabiliteit van die aardkors.
Ouderdom van fossiele.
Volgens sekulêre denke is miljoene jare nodig vir fossilering van `n liggaam. Drie navorsers het egter fosiele van `n blaar en `n veer binne EEN dag gemaak (Saitta, 2018). In `n meule in die VSA het `n sak meel binne weke gefossileer nadat die meule deur minraal-ryke water oorstroom is.
Goggas en selfs `n voëltjie in amber.
Amber is die hars wat sekere bome uitskei wanneer hul kambium beseer word. Dis taai en kan insekte en klein diertjies daarin vashou en bedek. Die hars versteen en vorm amber. Verskeie voorbeelde hiervan het al in die media verskyn. Die Jurassic Park films is gegrond op die DNS wat uit `n muskiet in amber geneem is. Die insekte of voëltjie was ten volle ontwikkel en is soos dieselfde spesies wat vandag aangetref word nie.
Dus geen evolusie in die veronderstelde miljoene jare nie. Ook geen oorgangsvorme,
al word beweer hulle het oor 1.5 – 300 miljoen jaar ontwikkel. Dormante maar lewende bakterië is in die ingewande gevind. Is die insekte en voëtjie gedurende die Vloed (3800 jaar gelede) of oor miljoene jare vasgevang?
Kompleksitiet en die minimum vereiste.
Vir enige apparaat, organies of anorganies, om te kan funksioneer, is `n sekere minimum onderdele in `n spesifieke verhouding tot mekaar, gelyktydig nodig.
`n Muisvalletjie bestaan uit minstens vyf onderdele, maar as een ontbreek sal dit kwalik `n muis kan vang. Al is al die onderdele teenwoordig, maar dit lê net rond, sal dit ook nie werk nie. Onderdele het elkeen `n spesifieke plek.
Die menslike liggaam produseer ongeveer sy eie massa aan ATP elke dag. Daarvoor is sowat `n triljoen (109) bio-enjins nodig. Die bio-engin wat ATP-pase in E. Coli vervaardig, draai teen 10 000 opm en elke omwenteling lewer drie molekules ATP elk (Carter, 2014). As net een komponent ontbreek, of op die verkeerde plek gemonteer is, sal dit nie werk nie. Indien die ATP-pase-engin oor duisende jare spontaan moes ontstaan (soos die evolusioniste beweer) sou die eerste komponent wat “verskyn” het lankal verweer het teen die tyd dat die laaste komponent “verskyn”.
Die flagellum van bakterieë-selle word deur `n bio-motor aangedryf. Die flaggellum bestaan uit ten minste 40 komponente en roei teen 100 000 opm. Dit kan binne `n ¼-sirkel stop en in die ander rigting draai. Die motor word deur suur (Protone) aangedryf en is waterverkoel. Kan dit oor lang tydperke spontaan of toevallig ontstaan het?
Gevolge van evolusie.
Sou toevallige herrangskikking van molekules tot die eerste sellulêre lewe en die mens, gelei het, is daar hoegenaamd geen rede om te dink dat enige waarde-sisteme kan bestaan behalwe die mens se eie egoïstiese gedagtes nie. Daar sal dan geen plek wees vir `n hoër gesag, stel etiese waardes of `n gewete nie.
`n Mens kan net dink wat die gevolge van die denke is, wat die mens as niks meer as `n bondel elemente beskou nie. Charles Darwin se neef het die wêreld `n nuwe begip, “goed geskape” (Eng = Eugenics) gegee. Dit het direk en indirek tot ras-suiwering aanleiding gegee. `n Uitvloeisel hiervan is dat gewetenlose “leiers” soos Hitler, Stalin, Mao Zedong en Pot Pol massa mense vermoor het om `n suiwer ras te selekteer. Dit is bekend dat hierdie mense Darwin se idees “there is no ultimate foundation for ethics”, gelees en ondersteun het.
Die ander rigting was die kommuniste wat in 1917 die mag in Rusland gegryp en die helfte van die mensdom dekades lank aan ’n reeks meedoënlose totalitêre diktature onderwerp het. Dit was veral Wladimir Lenin wat Marx. Die drie grootste gevalle van hongersnood van die afgelope eeu het in China, die Sowjetunie en Noord-Korea plaasgevind – almal kommunistiese lande.
Vandag word aborsie gebruik om van ongewenste babas ontslae te raak. In 2016 is die Francis Crick Instiuut in London geopen om “gene-editing” te ontwikkel.
Die skietery in in Clumbine (1999) en die in Finland (2007) dra ook die merke van hierdie siening.
Rasisme is ook `n direkte uitvloeisel van evolusie. Sekere volke word as minder ontwikkel en nader aan die aap, beskou en behandel.
Gevolgtrekking.
Dit is waar dat die mense van hierdie wêreld vindingryker is as die godvresende mense (Luk. 16: 8).
Verwysings
Ek geen net enkele verwysings (Sommige onvolledig) aan. Gebruik dit om die meer inligting oor die onderwerp van jou belangstelling in die Skepping , te versamel.
Carter, R. 2014. Evolution’s Achilles’ Heels. Chapter 8, Ethics and Morality. CMI Powder Springs Georgia, USA.
Creation Ministries International. `n Wye verskeidenheid onderwerpe word deur `n ewe groot verskydenheid artikels, berigte, boeke en pamflette beskikbaar gestel. creation.com
CMI, Creation Magazine;
- Wieland, C. 1997 20 (1) p10-13
- Walker, T. 2008 30 (3) p
- Nunn, W. 2015 37(1), p12
- Grigg, R. 2017 39(3), p36
Darwin, C. R. 1859. On the Origin of Species. John Murray, London.
DeRosa, T. 2015. Evidence for Creation.CMI.
Doyle, S, 2015. Order in the fossil record. How can Noah’s Flood explain it?
Gentry, R. V. 1986. Creation’s Tiny Mystery, Earth Sciences Associates, Knoxville, Tennessee.
Ham, K. 2006. The New Question and Answers Book Vol 1
- p25 T Mortenson. Why Shouldn’t Gchristians Accept Millions of Years?
- p306 C Wilson. Does Archaeology Support the Bible?
Hammond, P. 2010. Slavery, Terrorism and Islam, p149 Frontline Fellowship, Kaapstad.
Hunt, D. 2009 In defense of the Faith.The Berean Call. Bend, Origon.
Keller, W. 1982. Die Bybel is tog reg. Die wetenskap bewys die die geskiedkundige juistheid van die Bybel. Uit Duits in Afrikaans vertaal deur F C Fensham. Human & Rousseau.
Mason, J. 2015. Response to Geochronology: Understanding the Uncertainties, a presentation by Dr Justin Payne
McMillen, S.I. & Stern, D.E. (2000). None of these Diseaces. Revell, Grand Rapids.
Morgan G C. 1935. Great Chapters of the Bible. Westminister Congregatianal Church. Marshall, Morgan & Scott Ltd London.
Roach, J. 2009. Lizards evolving rapidly to survive deadly fire ants, news.nationalgeographic.com.
Saitta, E. T. 2018. Palaeontology, p1-16 July 2018 soos berig in Creation Vol 41 (3) 2019 p46 en 47.
Sarfati, J., Diamonds: a creationist’s best friend, Creation 28(4): 26–27, 2006; creation.com/diamonds
Sarfati, J., Refuting Evolution
Snelling, A. A. 1986. Coal Beds and Noah’s Flood. Originally published in Creation 8, no 3 (June 1986):
Snelling, A.A. Earth’s Catastrophic Past, Vol. II, pp. 730–737.
Truman,J.W. en Riddiford, L.M. 1999. The origins of insect metamorphosis, Nature 401(6752):447–452..
Walker, T. 2006. The Genesis Flood, fact or fiction. CMI
Walker, T. 2017. Massive erosion on California’s Oroville dam
Van Niekerk, E. 2011. Countering revisionism—part 1: Ernst Haeckel, fraud is proven Journal of Creation 25(3):89–95
Woodmorappe, Noah’s Ark: A Feasibility Study.