Select Page
  1. BLAARMONSTERS
    1. Middelste blaar-paar op die nuwe groei
    2. 54 tot 84 dae na val van manlike blom.
    3. Optimale konsentrasies; N = 2,7 )met 2,3 as krities), P = 0,18 (0,10), K = 1,30 (0,70), Ca = 1,30 (0,50), Mg = 0,35 (0,20), S = 0,25 (0,15), Cu = 10, B = 35 (13) en Zn = 50 (40) maar 14 is die kritiese waarde vir opbrengs.
    4. N, P, K moet reg wees vir die komende oes want dit daal tydens vrugvorming.
    5. N:K <0,50 wees anders skroei die blare in die mid somer en veroorsaak blaarval.

 

  1. VERWYDERING
    1. 8000g N, 2000g P, 3750g K, 3000g Ca, 500g Mg, 30g Fe, 80g Mn, 30g Zn, 8g Cu, 10g B en 2g Mo per ton neute.

 

  1. STIKSTOF
    1. Ten minste 1 maand voor knopbreek.
    2. Op ligte grond moet die toedienings in die verhouding N:K = 1,20.
    3. 112-280kg N. 22-49kg P, 93-232kg K en 20kg Zn per ha
    4. Te min N gee klein blare.
    5. N-toedienings na-oes kan vegetatiewe groei bevorder wat koolhidrate gebruik, > koue skade, te min koolhidrate < induksie van vroulike blomme en rusfase benadeel.
    6. Optimaal is 15 tot 30cm groei per jaar. Indien dit meer of minder is, moet N-bemesting verander word.
    7. Gebruik blaarontleding

 

  1. SINK
    1. Blaarbespuitings met 240g sinksulfaat + 130ml UAN per 100 liter, elke tweede week vanaf knopbreek tot 2,3 maande daarna.
    2. Te min Zn gee klein blare.
    3. Indien Zn-simptome nog voorkom ten spyte van bespuitings, kyk na nematodes.
    4. Tekorte gee hekse besems.

 

  1. FENOLOGIESE FASES
    1. 2 Fases kom voor, Blom tot Februarie waartydens die neute vergroot en endosperm as ‘n vloeistof in die kern voorkom.

Tweede fase kom in Februarie tot Mei voor waartydens die neute gevul word. Dit kan ook tydens Jan-April geskied.

 

  1. NEUT-GROOTTE
    1. As gevolg van waterspanning, <N en algehele swak toestand.
    2. Voortydige blaarval
    3. Zn tekorte
    4. Te veel vegetatiewe groei.
    5. Te min koolhidrate.
    6. Optimale grootte is 100 tot 120 neute per kg.
    7. >50% uitdop is aanvaarbaar en >60% uitstekend.
    8. Lengte van die seisoen is belangrik.

 

  1. NEUT-VULLING
    1. Warm somer nagte is noodsaaklik.
    2. Lengte van die seisoen is belangrik

 

  1. BLAARBEDEKKING
    1. Voortydige blaarval < die volgende oes.
    2. Voortydige blaarval < koolhidraat-reserwes.
    3. Optimaal is 15 tot 30cm groei per jaar. Indien dit meer of minder is, moet bemesting verander word.
    4. Optimale bedekking is 6000cm2 per neut = 10 samegestelde blare met 17 blaartjies.

 

  1. WATERSPANNINGS
    1. Tydens fase 1 gee klein neute en klein blare.
    2. Tydens fase 2 gee dit swak vulling en klein blare.
    3. Die hele jaar gee dit klein swak gevulde neute.
    4. Stick tights agv te min water in Fase 2. Ook indien die koue te gou kom.

 

  1. BEMESTING
    1. Wanneer ‘n aanjaar beleef word kan ekstra N en K in Februarie toegedien word.
    2. Toedienings in Augustus bevorder ook die komende oes.
    3. Toedienings in September/Oktober bevorder neutvulling.

 

    1. By pH 6,5 was die penwortel 64% langer as by pH 5,1.
    2. Produksie van voedingswortels het 3 tot 6 voudig toegeneem

 

  1. BLOMME
    1. Catkins, manlike blomme word op 1 jaar-oue hout gedra
    2. Vroulike blomme word op nuwe hout gedra.

 

 

J G K COETZEE

MSc Agric Grondkunde DSc Agric Tuinbou Pr Sci Nat

 

Lid J G K Coetzee