Sink is `n noodsaaklike plantvoedingstof en is betrokke by `n groot aantal fisiologiese prosesse.
- Tydens hitte stres word die membrane beskadig en “giftige radikale” word gevorm. Sink speel `n belangrike rol in die ontgiftigings-proses van die radikale oa super-oksied (O2- ). Beskadigde membrane lek oa K, suikers en aminosure wat weer aanleiding gee tot die vernietiging van chlorofil, terugsterwing en verdwergde groei, veral onder lente en vroeë somer toestande.
- Sinktekorte beïnvloed die integriteit van die membrane en is ook betrokke by geen-uitdrukking en –regulasie.Wanneer die membrane beskadig is, word die opname van water en voedingstowwe benadeel en is die selle ook meer vatbaar vir infeksies.
- Sinktoedienings nadat die skade aangerig is, is niks wêrd. Die sinkstatus moet hoog wees voordat die swak toestande aanbreek.
Wat doen silika?
Silika is nie `n swam- of insekdoder nie en ook nie `n noodsaaklike plantvoedingselement nie, maar ekstra silika verhoog die weerstand van plante teen insekte, siektes en klimaatstoestande.
- Die eerste weerstands-aksie is dat die stingels, stamme en blare fisies versterk word. Silika verhoog produksie omdat die plante langer en beter fotosinteer.
- Die vaat-bundels wat water opwaarts voer, bly langer oop wanneer `n waterspanning ervaar word. Gevolglik hou die plant langer aan transpireer, word afgekoel en fotosintese vind langer plaas.
- Verhoogde watervloei, afkoeling van dieblare verminder die impak van hoë temperature en droë toestande met gevolglik minder skade aan die membrane.
Voorsorg
Om die voordele van ekstra sink en silika te verkry, moet dit voordat die swak toestande plaasvind, aangewend word. Twee blaarbespuitings kan dus op 100% blomblaarval en 2 weke later aangewend word. Volg die regte stappe om te verseker dat beide silika en sink in oplossing bly.
- Tap die spuittenk vol.
- Voeg 200ml Nontox Silika (Beskikbaar by PBR. Kontak DS Pretorius by 082-469 1473) per 100liter water by. Roer.
- Voeg `n buffer by om die pH tot kleiner as 6,0 te laat daal.
- Voeg nou 200ml sinknitraat (5,5% Zn) per 100 liter water by. Roer en spuit die blare met groot druppels nat. Wend tussen 4000 en 6000 liter water per ha op volwasse bome aan.
JGK KONSULTEREND